Afrikaans one

Chat about anything that doenst fit in anywehere else
Forum rules
When posting topics on the forum please make sure:
  • ● The posts are not political
  • ● The posts are not about religion
  • ● Please keep posts civil and don't be nasty to other members
User avatar
gordini
Posts: 5363
Joined: Tue 08 Jan 2008, 18:16
Location: Where the whiner in the recliner is....
Contact:

Re: Afrikaans one

Post by gordini » Sun 15 Sep 2013, 18:31

ters wrote::lol: :lol: Welkom terug Basie! :mrgreen:

Ters.
Was bietjie op 'n besigheids trippie oor RSA 8) 8)
In my old age...
i drink a tripple,i see double and i act single..



From Malmesbury

User avatar
Leonvdb
Posts: 121
Joined: Tue 29 May 2012, 13:23
Location: Witbank

Re: Afrikaans one

Post by Leonvdb » Mon 16 Sep 2013, 08:00

Koos is van geboorte hewig skeel en vra raad vir sy oë by dokter (skryf brief vir dokter)
Dokter se voorskrif:
'Plaas eiers op oë vir vyf minute elke dag. Hou behandeling vol vir twee maande'.
Koos rapporteer binne 1 dag terug per e-pos aan die dokter se spreekkamer:
"Hi Dokter, Ek het my eiers net tot by my naeltjie kon trek, toe kom my oë vanself reg."
Dit was moer seer, maar ek sien nou soos 'n Arend.
Vriendelike groete en dankie vir die raad







Koos

User avatar
ters
Posts: 4222
Joined: Thu 19 Jan 2012, 19:39
Location: Pretoria

Re: Afrikaans one

Post by ters » Mon 16 Sep 2013, 16:43

:roll:

DIE SAGE VAN DIE VERLORE SOKKIE

Soos meeste getroude mans weet, is die skoner geslag se koppe nie aldag lekker opgeskroef nie. Ons aanvaar hulle raak soms emosioneel vir enige strooi. Daar is selfs 'n boek, "Men are from Mars-Women are from Venus", wat veronderstel is om mans te help om vrouens te verstaan. Die probleem is egter dat mans nooit handleidings soos diè gaan lees nie.

'n Man het nie 'n boek nodig om 'n Tv in te stel nie, en hy het ook nie 'n boek nodig om vir hom te sê hoekom 'n vrou se kop raas nie. Dit is soos die son en die maan, dit gebeur daagliks en ons aanvaar dit maar so..... Soos my storie hieronder:

Nou kyk my Namakwa kaktussie is eintlik 'n baie selfstandige vrou en ek hoef haar nie meer as eenkeer 'n maand aantevat nie. Maar laas vrydag het sy besluit dit is tyd om daai "two-stroke" motor in haar kop te "start", en glo my so 'n "2stroke" kan raas.

Dit was weer 'n Vrydag middag en ons was laat vir 'n Smous braai! Ek was egter net laat want die braai het 4 uur begin en ek was eers 6uur genooi. As ek dalk Nostradames of Siener van Rensburg as vak gehad het op skool, sou ek geweet het van die braai en hoelaat dit begin het. Maar ek het net Aardrykskunde en Wiskunde gehad so al wat ek weet is hoe om daar te kom en hoeveel om saam te neem.

Elkgeval so in die aantrek kry ek nie my sokkie nie en ek maak my eerste fout van die aand.

Ek vra vir mamma waar is my sokkie? Ek dink dit was 'n geldige vraag want sy was immers die persoon wat dit laaste gehad het, sy het dit gewas, opgehang en van die wasgoed-draad afgehaal. Maar nee, toe nie 'n goeie vraag nie, want ek kry toe so die wit van die oog en 'n sarkastiese antwoord dat sy nie my sokkies dra nie! Nou @#$%^, ek weet sy dra nie my sokkies nie, en dit was nie my vraag nie, ek wou weet of sy weet waar dit is, want sy het dit laaste gehad. Maar om 'n pakslae te vermy het ek maar stil gebly en self begin soek.

Nou mamma hou nie van laat wees nie. So wat sy maak is, sy gaan sit in die kar en wag met die "casserole" op die skoot en 'n halwe bottel rooiwyn (waaraan sy al vanaf 5uur teeg) tussen die voete. Intussen hop ek in die huis rond opsoek na my sokkie se maat. Dit was nie lank nie toe is mamma terug en die huis en wil weet hoekom ek so draai? Ek verduidelik dat ek nie my sokkie kry nie en ek maak toe my 2de fout en noem dit is omdat die huis deurmekaar is. Oooo henetjie was dit nie 'n fout nie! Daai kaktussie begin toe sulke dorings uitslaan en dorings laat haar harder praat. Sy blameer toe my varksugtigheid en dat dit eintlik my skuld is dat die huis so lyk. Net daar maak ek my 3de fout en wys vir haar alles wat rondlê en dui ook aan op die feit dat, dit is haar plakkies in die hoek, dit is haar glas op die koffie tafel, dit is haar bord op die kombuis counter, dit is haar trui op die sitkamerbank, dit is haar handsak in die gang.

Toe besef ek, nou is ek ge@#$%^......... want ek was reg. Jy ken daai gevoel, jy dink jy het gewen want jy het haar verkeerd bewys, maar eintlik het jy sopas jouself in die poepsak bygekom.

Ek kry toe weer daai stywe lip en besluit @#$% die sokkie en trek 'n paar plakkies aan. Nou oppad in die kar kan ek sien Kaktussie wil baklei maar sy weet net nie hoe om te begin nie. Sy moet mos nou die storie so draai dat dit my skuld is. Vra toe of ek dink sy is 'n skoonmaker? Ek weet toe wat ek ookal sê gaan verkeerd wees en ek sê toe maar net ek is lief vir haar en dat ek wil nie baklei nie. Maar praat wil sy praat, hulle gaan mos so deur die trappe van vergelyking daai tyd. Die gunsteling een is ......ek is nie jou ma nie, daarna, ek is nie jou bediende nie, en dan ten laaste sê hulle jy moet van nou af jou eie wasgoed was. Maar ek was rustig het nie teë gepraat nie, want my kombuis vloer-moer was nog vars in my gedagtes.

Maar so ge arriveer by die Smous is daar niks fout nie, die glimlag word weer opgesit en mamma en pappa is lief vir mekaar. In die kombuis vertel sy egter vir die vrouens hoe DEUR die k@k ek is, en in die kroeg vertel ek vir die manne hoe IN die k@k ek is. Die aand was egter 'n sukses, die "two stroke" se olie het opgeraak en die koppie het opgehou raas en mamma was weer normaal.

Ook net totdat ons by die huis kom en ek sluit daai voordeur oop. Toe ek daai sleutel draai is dit asof ek daai "two stroke" weer opstart, maar ipv olie is hy nou vol rooiwyn en nou raas hy eers.

Ek dog ek klim nog so in die kooi en lê my kop neer vir 'n goeie nag rus toe hoor ek iemand breek die skottel goed. Ek skrik so groot ek draai om, om haar wakker te maak en sê iemand breek haar borde, maar sy is nie daar nie. Ek gaan stel ondersoek in en daar staan my kaktussie, 2uur in die oggend besig met die skottel goed. Sy was hom nie normaal nie, sy was hom so met klinkkende simbale, aspris so hard dat ek nie kan mis sy was skottel goed nie. Ek het nog probeer mooi praat

en soebat dat sy moet kom lê maar nee mamma is op 'n "mission".

Man ek het net ingesluimer toe start sy daai elektrolux op. Ek kry so 'n koue rilling wat my skrotum weer op 'n plooi trek toe ek wakker skrik. Weet jy hoe klink 'n stofsuier 3 uur die oggend as jy wind dronk is?

Nou word daar gesuig, ek word mos nou gestraf. Gelukkig het ek later my bewussyn verloor en kon ek verder slaap. Ek weet nie wanneer daai koppie ophou raas het nie, maar toe ek wakker word die volgende oggend lê mamma langs my, nog ewe met haar geel rubber handskoene aan.

Ek staan toe later saggies op en loop soos 'n trapsuutjies na die badkamer en laat sak die sitplek stadig, maar toe daai eerste plons geluid die water tref staan mamma langs my! Nou moet jy weet dit kan nie 'n mooi gesiggie wees nie, die hare staan soos 'n bos-heks, die gesiggie is vol plooie gelê met die oë so effe rooi soos gister aand se wyn. Dan staan daai vuisies nog so gebal met die geel rubber handskoene ook. Wat maak jy vra sy? Nou weet ek nie mooi wat om te antwoord nie, sy lyk asof sy kan moor. Ek bollie, antwoord ek haar toe maar eerlik. Sy het toe eintlik net vir my kom sê dat ek nie teen die rand moet korrel nie want sy het skoon-gemaak, daarna het sy weer gaan slaap.

Ek moet bieg die huis was silver skoon die volgende dag, maar my sokkie is nogsteeds weg. Ek dink ek het dit by die gym verloor, maar dit is tussen ons en my vrou hoef dit nie te weet nie.......

Ters.
When it comes to the wife its easier to beg for forgiveness than ask for permission!
AMC Forum now accessible on Tapatalk! http://www.tsclassicclinic.co.za/

User avatar
Billy_the_Kid
Posts: 177
Joined: Tue 10 Aug 2010, 10:15
Location: Pretoria

Re: Afrikaans one

Post by Billy_the_Kid » Mon 16 Sep 2013, 19:46

Ters ek en my kaktussie het nou gele en ruk soos ons lag.


My vrou was vreeslik beindruk toe sy hoor hoeveel geld ek maandliks vir Charity gee.Sy was hoogs befok toe sy uitvind Charity werk by Teazers
My current rides
Ford Cortina Ldv 3.0L V6
Ford Transit 2.5L V6
Kawasaki GPZ 550 Customized
Kawasaki GPZ1100

User avatar
ters
Posts: 4222
Joined: Thu 19 Jan 2012, 19:39
Location: Pretoria

Re: Afrikaans one

Post by ters » Tue 17 Sep 2013, 18:32

Billy_the_Kid wrote:Ters ek en my kaktussie het nou gele en ruk soos ons lag.


My vrou was vreeslik beindruk toe sy hoor hoeveel geld ek maandliks vir Charity gee.Sy was hoogs befok toe sy uitvind Charity werk by Teazers
:lol: :lol: "Charity"!

Ters.
When it comes to the wife its easier to beg for forgiveness than ask for permission!
AMC Forum now accessible on Tapatalk! http://www.tsclassicclinic.co.za/

User avatar
gordini
Posts: 5363
Joined: Tue 08 Jan 2008, 18:16
Location: Where the whiner in the recliner is....
Contact:

Re: Afrikaans one

Post by gordini » Tue 17 Sep 2013, 21:38

Billy_the_Kid wrote:Ters ek en my kaktussie het nou gele en ruk soos ons lag.


My vrou was vreeslik beindruk toe sy hoor hoeveel geld ek maandliks vir Charity gee.Sy was hoogs befok toe sy uitvind Charity werk by Teazers
Daai girlie het jou nie in die lewe gebring nie ,maat, maar vir daai rede sal sy jou uitvat :idea: :idea: :idea: ;) 8O ;)
In my old age...
i drink a tripple,i see double and i act single..



From Malmesbury

User avatar
gordini
Posts: 5363
Joined: Tue 08 Jan 2008, 18:16
Location: Where the whiner in the recliner is....
Contact:

Re: Afrikaans one

Post by gordini » Tue 17 Sep 2013, 22:03

'n Jong man uit die Vrystaat kom Johannesburg toe en gaan na een van daai "alles-onder-een-dak" winkels en soek vir werk. Die bestuurder vra hom, "Het jy enige ervaring met verkope?"


Ja se die mannetjie, "Ek het kunsmis by die koöperasie verkoop". Die baas het van die jong man gehou en gee toe vir hom die werk.


"Jy begin môre. Ek sal so teen sluitingstyd 'n draai kom maak om te sien hoe dinge gegaan het ."


Sy eerste dag was 'n bietjie rof maar hy het dit gemaak.


Na die winkel gesluit het, kom maak die baas 'n draai op die winkelvloer.


"So,hoeveel klante het jy vandag gehad?"


Die jong man antwoord sonder om te huiwer,"Een."

Die baas sê, "Net een? Ons verkoopsmense hier hanteer 'n gemiddeld van 20 Tot 30 klante op 'n dag. Hoeveel het die klant spandeer?"


"R461 387.55" sê die jongman.


"R461 387.55?! Wat die joos het jy aan hom verkoop?!"


"Wel," sê die man, "Ek het eers 'n klein vishoek aan hom verkoop. Toe verkoop ek 'n medium grootte vishoek en uiteindelik 'n groot vishoek... Toe verkoop ek aan hom 'n nuwe visstok. Toe het ek hom gevra waar hy gaan visvang en hy sê toe by Sodwana aan die noordkus en ek sê toe vir hom dan gaan hy beslis 'n groter boot nodig hê en toe stap ons oor na die bootafdeling en verkoop ek aan hom 'n nuwe Kingkat met dubbele Yamaha buiteboordenjins.


Hy sê toe vir my hy dink nie sy Toyota Corrola gaan die ding gesleep kry nie, toe vat ek hom na die motorafdeling en verkoop aan hom 'n nuwe 4x4 Hilux Raider."


Verstom vra die baas,"'n Ou kom hier in om 'n vishoek te koop en jy verkoop aan hom 'n boot en 'n bakkie?"


"Nee, hy was hier om tampons vir sy vrou te koop toe sê ek vir hom, wel, jou naweek is in elk geval in sy moer in, jy kan maar net sowel gaan visvang."
In my old age...
i drink a tripple,i see double and i act single..



From Malmesbury

User avatar
gordini
Posts: 5363
Joined: Tue 08 Jan 2008, 18:16
Location: Where the whiner in the recliner is....
Contact:

Re: Afrikaans one

Post by gordini » Thu 19 Sep 2013, 15:21

Drank.jpg
Drank.jpg (18.82 KiB) Viewed 435 times
In my old age...
i drink a tripple,i see double and i act single..



From Malmesbury

User avatar
Billy_the_Kid
Posts: 177
Joined: Tue 10 Aug 2010, 10:15
Location: Pretoria

Re: Afrikaans one

Post by Billy_the_Kid » Thu 19 Sep 2013, 15:34

As oom dit by my los gaan dit nie lank hou nie, oom Basie :D

William
My current rides
Ford Cortina Ldv 3.0L V6
Ford Transit 2.5L V6
Kawasaki GPZ 550 Customized
Kawasaki GPZ1100

User avatar
gordini
Posts: 5363
Joined: Tue 08 Jan 2008, 18:16
Location: Where the whiner in the recliner is....
Contact:

Re: Afrikaans one

Post by gordini » Fri 20 Sep 2013, 14:00

Ou Niekie Van Den Bergh is besig met sy usual boring dinge op die radio en voer 'n onderhoud op RSG met so ou krimpie wat op sy dag in die Tweede Wêreldoorlog vegvliegtuie gevlieg het.
Die oubaas vertel: "Man Niekie, ek vlieg nog so lekker en ewe skielik is daar hierdie drie fokkers hier agter my aerie se stert."
Nickie onderbreek vinnig die oom om die situasie live on air te beredder. "Ja, ummh… ek wil darem ook net vir ons luisteraars noem dat 'n Focker 'n Duitse vegvliegtuig is."
"Ja, dis waar," sê die oom en haak toe af: "Maar hierdie fokkers het fokken Spitfires gevlieg."

________________________________________
In my old age...
i drink a tripple,i see double and i act single..



From Malmesbury

Post Reply

Social Media

     

Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 38 guests